
Daar is ’n besondere bekoring in die vryheid wat ’n mens ervaar wanneer jy op ’n grondpad met ’n motorfiets die oop pad aandurf – die gebrul van die enjin onder jou, die ongerepte natuurskoon wat jou omring. 1Spoor Avontuur bring die kameraadskap van ’n groep ryers wat saam ontdek, impulsiewe roetes verken en legendariese verhale agternasit. Kom ervaar die geselsies om die kampvuur onder die sterre, en die unieke mense wat ons langs die pad ontmoet, met hul eie verhale en passies.
Seisoen 3
Volgende op 1Spoor Avonture
Kyk die promo: Op pad deur die Tankwa Karoo
In Episode 7 vat die span die grondpad deur die Tankwa Karoo en kom op iets onverwags langs die pad af.
Uitsending: Maandag 16 November 2026 om 17:30 op kykNET, DStv-kanaal 144.
Vorige Seisoene
Seisoen 1
Episode 1
Voordat die ryers op hul toer vertrek, stop hulle eers op ’n plaas net buite Amersfoort, waar hulle op ’n praktiese wyse geleer word hoe om beter gewoontes op hul avontuur-motorfietse aan te kweek.




Seisoen 2
Hierdie keer vat ons jou saam op ’n avontuur so ver as moontlik grondpad, vanaf Amersfoort in die Noordooste tot by Kaap Agulhas – die Suidpunt van Afrika.
Nuwe roetes, nuwe stories, en dieselfde opregte avontuurgees wat jy ken en liefhet.
